SA’s Spectacular Divas – Nádine
Met 23 jaar agter die blad in die musiekbedryf het Nádine van “Die Krappies & Krefies” dogtertjie met die unieke kinderstem gegroei tot een van SA se top vroulike kunstenaars!
Haar debuutalbum “Krappies en Krefies” is op ouderdom 13 uitgereik en Nádine het gedurende haar loopbaan meer as 500 000 albums verkoop.
in 1997 deel sy die verhoog met Billy Ocean & Spice Girls tydens die “Two Nations in Concert” wat in Johannesburg plaasgevind het.
Sy was die eerste Suid Afrikaanse Kunstenaar om die “World Peace Festival” te wen in Italië met die titel “ThisTime I know t’s For Real” waar teen die beroemde grope Cold Play meegeding het.
Die blyspel verhoog is ook glad nie vreemd vir Nádine nie en sy het verskye rolle en hoofrolle gespeel deur die jare. Sy het die hoofrolle in Jesus Christ Superstar, Lied van my Hart, Sneeuwytjie asook Joseph and the Technicolour Dreamcoat gespeel.
Nádine is vir 5 jaar en tans nog die aanbiedster in die gewilde TV program, Musiek Roulette en het sopas die nuwe aanbiedster geword vir die KykNet program: Dans in jou taal.
Sy het wereldwyd getoer en het ook die verhoog gedeel met internasionale sterre soos Susan Boyle, Julio Iglesias
Nádine deel die verhoog met Corlea Botha, Jennifer Jones, Monique Steyn, Liezel Pieters en Vicky Sampson tydens hierdie jaar se “SA’s Spectacular Diva’s” by die Sun Arena in Pretoria.
Klik hier om jou kaartjie te bespreek: Weens die Covid-19 pandemie en grendeltydperk word SA’s Spectacular Dives uitgestel tot 2021. HOU DIE SPASIE DOP VIR DIE NUWE DATUMS!!!
Vind meer uit oor Nadine by: www.nadine.net

Vicky Sampson, Monique Steyn, Corlea Botha, Jennifer Jones, Nádine and Liezel Pieters performing at this years SA’s Spectacular Divas.