Parys Gazette – Ossewaens nodig vir kultuurwerf
In Julie vanjaar is die Penkopbeeld op die Udolpho Rivierplaas net buite Parys onthul, ter viering van die FAK se 90ste verjaardag. Die Parys Voortrekkerkommando was deel van dié geskiedkundige projek. Daarmee saam word daar nou ’n kultuurwerf op Udolpho ingerig. Die werf sal bestaan uit ’n outentieke Pioniershuis met perskepit vloere, ‘n werkende broodoond, en jy sal selfs plaasdiere hier op die werf kry.
Die kultuurwerf word geskep om die Afrikanergeskiedenis voort te bou en om nuwe generasie Afrikaners die geleentheid te gee om hul geskiedenis nie net in boeke te sien nie, maar in volle glorie.
Udolpho Rivierplaas is daarom op soek na ossewaens om die werf so outentiek as moontlik te laat lyk.
Die projek sal na verwagting einde Oktober voltooi wees.
As jy kan help met ‘n ossewa skenking of meer inligting oor die projek benodig, kontak Bianca by bianca@fak.org.za of skakel +27(0) 12 301 1777.
Artikel geskryf deur Liezl Scheepers en is oorspronklik in die Parys Gazette geplaas