Oor vroetel-politici, twee stelle reëls, Covid-korrupsie en regop pilare, deur Adri Kotzé
Geen brief vanuit Londen sou in hierdie week van pas wees as dit nie melding maak van die STOMENDE TONEEL wat op raaiselagtige wyse in die kantoor van die Britse minister van gesondheid op video vasgelê is en EKSKLUSIEF deur die poniekoerant The Sun gepubliseer is nie. WÊRELD-EKSKLUSIEF, om presies te wees.
(‘n Mens kan hier nie die gulde geleentheid laat verbygaan om te meld dat die Britse Sunday Times 15 maande terug geskryf het dat amptenare in die gesondheidsdepartement toe al na Matt Hancock verwys as Matt Handjob nie.)
As minister was Hancock die persoon wat die Covid-19-pandemie by die horings moes pak. En alle aanduiding is dat hy uit die staanspoor die daad by die woord gevoeg het.
Lees die volle artikel in Vrye Weekblad
Comments