“Dit was ‘n groot sukses en daar is verskeie persone wat hiervoor bedank moet word,” het Erika Breytenbach, eienares van Models Unlimted en organiseerder van die gesogte kompetisie gesê.
Sy bedank in besonder vir Nicolene Venter, Suryn van der Merwe, Megan Pistorius (hoof van die bemarking) en gasheer Dave Hammond van IFM 102.2 FM vir die fantastiese werk wat hulle gedoen het.
Sy het ook die gaskunstenaars, Sean Miles en Ricky Faber, bedank vir hul vertonings, asook vir Magico vir hulle puik diens en bystand deur die aand.
Laaste maar nie die minste het sy die borge en die beoordelaars bedank sonder wie die hele geleentheid nie moontlik sou wees nie.Die wenners in die onderskeie Vaal Pageant-kategorieë is:
Mej. Vaal 2021
Wenner: Franze Janse van Rensburg
1st naaswenner: Chantelize van den Berg
2de naaswenner: Chantel Swart
Publieke keuse: Chantel Swart