Kommetdieding galop met ’n vollende korrek, deur Heindrich Wyngaard
Teen hierdie tyd weet julle seker al: Kaapse Afrikaans het Saterdag die Durban July gewen.
En dit nadat ek net die vorige naweek op een van my gereelde drafstapsessies hier in die boomryke Johannesburgse voorstede gewonder het oor onse geliefde taal Afrikaans en straattekens. Wat my hieroor laat tob het, was toe ek op Barry Hertzog-rylaan in Emmarentia ’n baie ou, nou reeds afgeskilferde wit-op-swart-bordjie raakgesien het, waarop (byna onleesbaar) in Engels “BUS STOP” geskrywe staan – en onderaan (met net die boonste deel van die letters nog uitkenbaar) in keurige, formele Afrikaans “BUSHALTE”.
Lees die vole artikel in Vrye Weekblad
Comments