Jennifer Jones Tree Op Te Hervormde Kerk Duncanville Basaar
Jennifer Jones wat vir die afgelope jaar woonagtig is in die Vaal Driehoek tree op te Hervormde Kerk Duncanville se basaar op.
Dit sal die eerste keer wees dat SA se “Soul Inspired” Diva by so ‘n aangeleentheid optree sedert sy ‘n “Valie” geword het.
Jennifer bied haar dienste gratis aan ter ondersteuning van die Kerk en sy gemeente. Haar nuwe album wat vroeer die maand vrygestel was sal beskikbaar wees sal beskikbaar wees na haar vertoning.
Die organiseerders en gemeente lede noem dat die basaar van die Hervormde Kerk se gemeente strek van Vrydag 13 tot Sondag 15 September. Wanneer ‘n mens die woord “basaar” hoor, dink mense dadelik aan “fondsinsameling”. Hoewel ‘n mens fondse nodig het om te oorleef, is dit nie prioriteit nommer een nie.
Ons lewe in ‘n baie wrede en gejaagde wêreld. Die gevolg is dat ons as mense nie meer die tyd kry vir dit wat regtig saak maak nie en dit is dat daar kontak tussen gelowiges moet wees. Dit is nie genoeg dat ons as gelowiges mekaar net Sondae sien nie. Omdat die lewe so gejaagd is, neem spanning toe en mense voel hulle “cope” nie meer nie. Waar is ons as kerk in hierdie tyd vir mekaar ??
Die basaar is die begin van ‘n heeltemal nuwe bedieningstruktuur wat ons in die gemeente wil begin met die fokus op kontak tussen lidmate. Die kerk moet weer gesien word vir wat sy werklik is, ‘n toevlugsoord waar ons SAAM met mekaar luister na die Woord van God en die liefde van God beleef. Daardie liefde wat ons van God ervaar, is soos ‘n lig wat in ons skyn en deur ons skyn dit na mekaar toe.
Die kerk is familie van mekaar. Families is daar om te ondersteun en te dra en te beskerm.
Die program lyk kortliks soos volg:
- Die Vrydag aand het ons ‘n talentkompetisie
- Die Saterdag is daar feitlik alles waaraan ‘n mens kan dink: Jennifer Jones natuurlik, boeresport, glybane. Dit gaan net fun fun fun wees !!!
- Die Sondag het ons die afsluiting met ons erediens wat ons enigste bron van krag is. Daarna gaan ons ‘n gemeente braai hê.
Daar is ‘n totaal en al nuwe hoofstuk wat begin het in die lewe van die gemeente en die basaar is die begin daarvan.