Dick Fouriestadion is nie ‘n vullis “dump” nie
VEREENIGING. – Dinge kan so vinnig verkeerd loop! Daar was onlangs (12 April) ‘n spesiale reëling deur ELM met inwoners van Drie Riviere gemaak dat daar ‘n “skip bin” by die Dick Fouriestadion sou wees sodat vullis daarin gegooi en dan later die dag weggeneem kan word.
Dit het na ‘n puik plan geklink. Die “skip bin” sou van vroeg tot na 14:oo daar wees vir dié doel. Die munispaliteit het toe inderdaad by die reëling gehou en later na 17:00 die vol “skip bin” weer gaan haal.
Waar loop dit dan skeef? Die “skip bin” is weg, maar inwoners gaan gooi nog steeds hul vullis daar neer en die gemors en papiere waai oral.
“Elke dag gedurende laasweek het mense steeds goed kom neergooi. Dit lyk sleg,” kla een van die Drie Riviere-inwoners. ” Wie gaan dit nou kom skoonmaak”?
Vullisverwyderaars het intussen probeer om van die sakke weg te ry toe die vullistrok sy twee-weeklikse roete in die buurt gedoen het, maar hulle het net die sakke wat toe was verwyder. Die geskeurde sakke en gestrooide rommel is nie opgetel nie.
Geskryf deur Elsje Vermeulen en oorsprinklik in Vaalweekblad geplaas