Simeon se 2de Afrikaanse musiek video vanaf sy CD – Rooirok
Simeon se tweede Afrikaanse musiek video vanaf sy CD – Rooirok is aan die begin van Januarie 2013 oor ’n tydperk van 2 en ’n half dae in Muldersdrift en Kyalami geskiet.
Die pragtige model wat in die video gebruik is se naam is Jasmin Cloete, sy woon in Roodepoort en haar agenskap se naam is Filmstyle.
Die vervaardiging van die video was ‘n gesamentlike poging deur Pierre Smith as Regisseur, kamera man en “editor”. FC Hamman Films was betrokke by die verfilming van die radio beheer helikopter skote. Timothy Hamman was die vlieënier en FC Hamman het die helikoter skote geskiet. Claudia Hamman het die stilering en grimering gedoen en Waldemar Coetzee was die kuns regisseur.
Sy het dit gemaak uit weggooi materiaal!
Nog iets interessant is, dat die meubels wat gebruik is in die video, ontwerp is deur Jesse Hamman. Sy het dit gemaak uit weggooi materiaal wat sy gerestoreer en omskep het in nuwe moderne meubels. Voorwaard ’n familie wat talentvol is hierdie!
Die stadige bewegende skote in die video is geskiet teen 200 rampies per sekonde wat 7 keer vinniger is as die normale spoed van 25 rampies per sekonde waar al die bewegings teen normale spoed gebeur. Wanneer mens dan die skote wat teen 200 rampies geskiet is terug speel teen 25 rampies per sekonde is die beweegings baie stadig wat mens in engels “super slomo” noem.