Steve Hofmeyr, Stable Inn – Springs !!!
Venue: Stable Inn Konferensie Sentrum
Dates: 02/10/2020 to 02/10/2020
Times: 19:00
Booking Website: http://itickets.co.za/events/449654
Die allerbekende Steve Hofmeyr tree op te Stable Inn Conferensie Sentrum in Springs !!!
Steve Hofmeyr is al vir dekades lank hard aan die werk – nie net as ’n gewilde sanger nie, maar ook as skrywer, akteur en persoonlikheid by wie mense op ’n emosionele en kulturele vlak aanklank vind. Steve se musiekstyl is so uiteenlopend soos die man homself. Behalwe vir die Afrikaanse en Engelse pop- en rockmusiek waarvoor Steve so bekend is, keer hy terug Springs toe met ‘n genre wat hom baie na aan die hart lê, naamlik country.
Steve Hofmeyr besoek die Stable Inn Konferensiesentrum in Springs met The Country Collection Volume 3.
“Ek is nie eintlik ‘n country and western ou nie, maar eerder die country, folk-kunstenaar”, sê Steve. “Suid-Afrikaanse mense het ‘n sagte plekkie vir countrymusiek. Country is die meer sentimentele genre, en ek dink ons is baie sentimentele en nostalgiese mense”.
The Country Collection Volume 3-album (en vertoning) is die laaste van ‘n trilogie country-albums, ‘n projek wat Steve drie jaar gelede begin het. “Ek het ou Country-treffers geneem en dit gekombineer met nie-country-liedjies, wat ons ‘n lekker country-aanslag gegee het. En dit het gewerk! Die reeks is ‘n treffer”, sê Steve.
Pricing & Booking Information
Voorste stalle – R250.00
Gewone stalle – R200.00
Venue Details & Map
Stable Inn Konferensie Sentrum
Physical Address: 11 Vlei Rd,Strubenvale,
Springs
Telephone: +27(0)11 815 3000 Mobile No.: +27(0)82 893 2921 Email: admin@lefra.co.za Website: http://www.stableinn.co.za/ Latitude: -26.259711 Longitude: 28.484669