Pret by jaarlikse Potjiekos- en Mampoerfees 2013
Pret by jaarlikse Potjiekos– en Mampoerfees 2013
VANDERBIJLPARK. – Stonehaven on Vaal bied jaarliks Die Potjiekos- en Mampoerfees aan, waar vriende en familie kan saam kuier en so bietjie Afrikaanse kultuur en geselligheid kan vier.
Die 27ste Julie,hierdie jaar, was ook geen uitsondering nie! Dit was ‘n heerlike sonskyn dag op die oewer van die Vaalrivier. Mense het van vroeg af ‘n plekkie in die son kom uitsoek en die vermaak van ons Afrikaanse kultuur, musiek en tradisies asook regte boerekos geniet.
Die potjiekos kompetisie het die jaar weer ‘n groot opskudding veroorsaak. Heerlike potjies oral geprut en die lug met heerlike geure gevulwat die gaste se monde behoorlik laat water het! Die Boer en die Griek het koning gekraai en die trofee reg onder laas jaar se verdediginde kampioene, ShowMe Vaal, se neuse weggeraap.
Stonehaven on Vaal bied jaarliks Die Potjiekos- en Mampoerfees aan, waar vriende en familie kan saam kuier en so bietjie Afrikaanse kultuur en geselligheid kan vier.
Daar was ook meer as genoeg pret-aktiwiteite onder andere sand-kuns, wat die jongklomp besig gehou het terwyl Ma en Pa die vermaak kon geniet.
Later die middag het die vermaak beslis gesorg vir ietsie van alles.Daar was boeremusiek, volkspele asook moderne Afrikaanse musiek. Kunstenaars wat opgetree het was onder andere; Kobus Muller en Karlien van Jaarsveld wat die skare op hul voete gehad het.
Die rugby liefhebbers kon laat middag bier tent se kant toe staan waar die wedstryd deurmiddel van ‘n projector teen een van die tent seile uitgesaai was. Die musiek en vrolikheid het die partytjie pret tot laataand laat voortduur! Dit was beslis ‘n dag wat nog lank oor gesels gaan word!
Volgende jaar belowe om net soveel en selfs meer pret op te lewer!Moet dit nie misloop nie!
Artiekel deur: Louwrencia Venter