Kieriefees
Ons nooi u vriendelik uit om ‘n stalletjie te neem by die Kieriefees wat op 2 November 2013 gehou gaan word by Hoërskool Dr Malan, Meyerton. Die fees word gehou ten bate van Huis Meyerton. Omdat dit die eerste keer gaan wees dat die fees gaan plaasvind, bied ons stalletjies aan teen ‘n verlaagde fooi van slegs R100 vir kunsstalletjies en R300 vir kosstalletjies.Om die uitgawes so laag as moontlik te hou sal ons nie enige tente oprig nie. U moet dus u eie gazebo voorsien.
Ons gaan ‘n intensiewe bemarkingsveldtog loods en ons het reeds die ondersteuning van die Stadsraad, kerke en skole verkry. Ons doelwit is om 2 000 toeskouers te kry. Die toegangsgeld by die hekke vir die publiek sal slegs R20 per persoon wees.Ons gaan vermaak hê en dit moet ‘n lekker kuierfees wees wat bekostigbaar sal wees vir almal. Hekke open om 08:00 en sluit om 20:00.
Groete,
Mauritz Meyer