Kersfees Skouspel 2018
Venue: Sun Arena at Time Square Casino
Dates: 16/12/2018 to 16/12/2018
Times: 15:00
Booking Website: http://online.computicket.com/web/event/kersfees_skouspel/1265630719/0/90173430
Lefra Produksies kondig met trots aan dat vanjaar se KERSFEES SKOUSPEL by die Sun Arena, Time Square in Pretoria aangebied gaan word. Meer as 15 top kunstenaars gaan in hierdie produksie optree en dit gaan ‘n wonderlike Kerskonsert wees in die ware Boney M-styl van Kerskonserte. Noot vir Noot se Jaconell Mouton is die regisseur en Frans Swart, wat bekend is as regisseur van al die skreeunsnaakse klugte soos MY VROU SE MAN SE MANNETJIE is die regisseur met ‘n volle orkes. KERSFEES SKOUSPEL vind op 16 Desember 2018 plaas by die Sun Arena van Time Square @ Menlyn on Maine. KERSFEES SKOUSPEL word aangebied met die vriendelike samewerking van Stuttaford van Lines, RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes en die Sun Arena – Time Square. KERSFEES SKOUSPEL spog vanjaar met die room van Suid-Afrikaanse sangers en teatergangers gaan ‘n fees van talent sien en hoor. Kyk na die lysie:
- Alwyn Oberholster
- Amanda Strydom •
- Anna Davel • Brendan Peyper
- Chris Chameleon
- Daniella Deysel
- Die Broers
- Helena Hettema
- Helene Bester
- Jannie Moolman
- Joshua Ziervogel
- Louis Loock
- Saarkie
- Steffie le Roux
Regisseur, Frans Swart sê hy is baie opgewonde oor die sterk span sangers en musikante wat in KERSFEES SKOUSPEL gaan optree. “Deur die jare was KERSFEES SKOUSPEL nog altyd ‘n skouspel van klank, kleur, kostuums, musiek, sang en beslis ‘n skouspel van Kersmusiek. Kersfees is so ‘n wonderlike tyd met die viering van Jesus se geboorte en dit is so ‘n voorreg om hierdie produksie net voor Kersfees aan te bied. Sir Cliff Richard se Kersliedjie, MISTLETOE AND WINE, vat dit vir my so mooi saam waar hy sing: “The child is a King” en veral dan ook: “A time to rejoice in the good that we see. A time for living A time for believing A time for trusting No deceiving. Love and laughter and joy ever after Hours for the taking Just follow the Master!” En dis presies wat ons met KERSFEES SKOUSPEL wil vermag,” sê Swart. “Ons nooi al ons mense uit om Kersfees te kom vier met die wonderlikste kunstenaars en die mooiste Kersmusiek wat nog ooit geskryf is. En ja … MISTLETOE AND WINE gaan beslis in die program wees. Hoe dan nou anders?” Jaconell Mouton, Musikale Regisseur, sê dit is elke jaar vir haar so opwindend om aan KERSFEES SKOUSPEL te werk. “Elke jaar het ons nuwe kunstenaars wat ‘n totale nuwe dinamika na die produksie toe bring. Kunstenaars sing duette saam, daar is lekker groep liedjies en ek wil nie te veel uitlap nie, maar toeskouers is in vir ‘n hele paar verrassings!”
Pricing & Booking Information
R85-00 to 295-00 per persoon afhangende van sitplek
Groepe van meer as 10 kry ‘n lekker afslag – skakel Monica by (011) 815 3000 of epos aan admin@lefra.com Maatskappye kan ook losies vir hulle gaste of personeel koop – skakel Charl by (011) 815 3000 of epos aan charl@lefra.com
Venue Details & Map
Sun Arena at Time Square Casino
Physical Address: 209 Aramist Ave,Waterkloof Glen,
Pretoria
Telephone: +27(0)861 915 8000 Email: admin@lefra.com Website: http://www.kersfeesskouspel.co.za Latitude: -25.787982 Longitude: 28.282218
Mimi WesselsMimi
Hi ek wil bespreek asb vi 16e…Asb
Jennifer Jones Entertainment
Hi Mimi, klik net op die skakel onder “Booking Website” dit sal vir jou deurneem na waar jy aanlyn kan bespreek.