Het jy al “tax” betaal hierdie jaar? Jou Tekkie Tax?
Het jy al “tax” betaal hierdie jaar? Nee, nie daai soort “tax” nie . . . ek praat van jou Tekkie Tax!
Tekkie Tax dag is op Vrydag 30 May 2014
Die Tekkie Tax veldtog het ‘n klomp van ons land se grootse, kleinste en mees betroubare welsynsorganisasies bymekaar gebring om saam een GROOT projek te organiseer.
Allerhande Diere
Basiese Familie Dienste
Cool Kinders
Dienslewering aan persone met Gestremdheid
Essensiële Onderwys
Besluit wie jy wil ondersteun
Daar is 5 groepe waaruit jy kan kies. Besluit watter een (of meer) jou na aan die hart lê en kry vir jou ’n R10 plakker wat daardie groep verteenwoordig. Op ons webwerf is daar ’n volledige lys van watter organisasies in elke sektor is. Gaan kyk gerus.
- Dra jou plakker Plak die groot plakker op jou t-hemp, balrok, swembroek– wat jy ookal dra op Vrydag, 30 Mei 2014 – en sit die mini plakker op jou foon vir die res van die jaar. Dan het jy toestemming om jou tekkies te dra vir die dag!!
- Kry ’n paar van ons spesiale skoenveters!
As jy bang is dat jou tekkies hulself vir jou gaan skaam, loop die ektra myl en kry ‘n paar van ons funky super-groen en oranje skoenveters en pers “Tekkie Tags”. Net R30 en die plakker van jou keuse is ingesluit, so los jou verbeeldinglose veters by die huis!! - Gee via jou selfoon
Sms “A, B, C, D of E” na 44400 en gee R20 waar jou hart lê. SMS enige tyd van die jaar – maar verseker aan die einde van elke maand!! Netwerk en admin fooie – geen gratis sms.
So wat moet jy doen?
- Gee ons jou naam
Besoek ons webwerf (dis verniet!) en registreer om as koordineerder in jou werksomgewing op te tree (dis ook verniet!!) - Praat oor ons
Sorg dat jou vriende, kinders, dokter en die ou langs jou op die vliegtuig weet van hierdie nuwe projek. - Kry wat jy nodig het
Bestel jou plakkers, plakkate en ‘Tekkie Talk’ nuusbriewe op ons webwerf of kry dit by jou gunsteling welsynsorganisasie. - Betaal jou tax met ‘n glimlag
Gee jou R10 plakker donasie of kry vir jou ’n stel Tekkie Tags (R30), en tooi jou tekkies op vir Vrydag, 30 Mei 2014.
So maklik soos dit !!
Geestesgesondheid vir die Vaal Driehoek. Mental Health for the Vaal
ABSA Bank Tel: 016 931 2910/1
Cheque account 10 Daudette street
5-3034-0023 Vanderbijlpark