Hartelusmark in Parys!
Venue: Egweni River Logde
Dates: 03/10/2020 to 03/10/2020
Times: 09:00 tot 15:00
Booking Website: http://www.hartelus.co.za
Met die warmer weer en die lente wat kleurvol sy gesig wys, is die baie gewilde Hartelusmark in Parys op elke eerste Saterdag van die maand by Egweni River Logde. En watter beter manier as om ‘n Saterdag by dié mark langs die Vaal se oewer waar jy na hartelus kan koop, kuier en ontspan?
Al ooit gewonder wat maak ‘n mark suksesvol? Hartelus Mark se eienaars – Hettie le Roux en Marieta van der Merwe, het lank oor hierdie vraag geworstel. Nadat hulle ‘n reeds suksesvolle mark oorgekoop het 2 jaar gelede, het hulle tot die slotsom gekom dat ‘n mens se liefde vir ander mense, al wat nodig is vir ‘n suksesvolle mark.
Voeg hierby die kabbels van die Vaalrivier, heerlike wyn, handgemaakte kuns items, voortreflike kos en siedaar – Die Mark Van Alle Markte en dan sommer vir die lekker vind daar ‘n Pasella Mark gedurende Desember plaas.
Daar word gepoog om slegs uitgesoekte stalletjies, wat handgemaakte items bevorder, by die mark te gebruik. Gaskunstenaars word afgewissel om in almal se smaak te voldoen. Nuwe idees word ook gereeld tot die mark gevoeg wat verseker dat elke markdag ‘n unieke onthou-belewenis sal wees.
Die unieke posisie waar ons gelee is – op die walle van die Vaalrivier – maak dit vir oud en jonk ‘n uitstappie wat beslis op elkeen se maandkalender aangeteken behoort te wees.
Menige verjaarsdag partytjies, familie herdenkings asook daardie verrassings kombuistee maak deel van die spesiale reelings wat Hartelus Mark vir jou kan reel.
Die Hartelusmark vind plaas elke 1ste Saterdag van die maand
Datums vir 2020:
1 Feb, 7 Mar, 4 Apr, 2 Mei, 6 Jun, 4 Jul, 1 Aug, 5 Sep, 3 Okt, 7 Nov, 5 Des
Pricing & Booking Information
Toegang Gratis / Entry Free
Om deel te wees van die Hartelus-vriendekring kan jy hulle gerus kontak met Hettie (Cell no. hieronder verskaf) of vir die reël van enige spesiale geleentheid skakel Marieta by +27(0)826419618.
Venue Details & Map
Egweni River Logde
Physical Address: 2 Van Collerstraat,Parys
Telephone: +27(0)568113643 Mobile No.: +27(0)823758361 Email: hartelusmark@gmail.com Website: http://www.egweni.co.za/ Latitude: -26.901809 Longitude: 27.446764