Fonds Insameling Vir Danica Lotter
Ons hou die 26ste Oktober 2013, 15h00, by Vereeniging stadsaal ‘n fondsinsameling vir Danica. Teen R100 ‘n kaartjie. Ons spreker is Susan Coetzer, skrywer en motiverende spreker. Sy het AllBran vir die Siel en vele meer al geskryf, sowel as haar boek wat nou bekend gestel word, Smarties vir die Siel.
Ons tema vir die dames tee is: “En die grootste hiervan is die LIEFDE.”
Danica word die 23ste, 6 jaar oud. Sy het in Januarie begin siek word, en brein kanker is by haar gediagnoseer. Sy het ook haar sig verloor as gevolg van die kanker.
Danica het ongelooflike geloof en wil lewe. Sy kies om te lewe en dis goed genoeg vir ons.
Ons doelwit is om fondse in te samel om vir haar mediese rekeninge en vir verdere behandeling te betaal.
Daar is n trust in haar naam gestig. So enige skenkings is ook welkom.
Maatskappye is welkom om tafels te borg.
Andersins is jy welkom om die dag net saam ons te kom geniet. Skakel my gerus vir ‘n kaartjie navrae.
Zelna
0760344491