Eksklusiewe wen resep: Potjie & Mampoer Fees 2012
ShowMe Vaal het glad nie die pot mis gesit met die potjie kos kompetisie nie.
Hulle het ‘n goue pot gemaak wat die mense laat praat het toe hulle met die eerste plek weg gestap het. Die eerste prys is ‘n privaat vaart en ete op die ” The Royal Stonehaven ” op die Vaal rivier vir 8 gaste.
Die ShowMe Vaal span se kok van die dag was Natasha Small wat die mondwaterende wen potjie gemaak het. Louwrencia Venter was die span leier, wat die bord moes voor sit. Louis Eksteen was die 3de lid van hierdie wen span en die ware inspirasie en het spangees en organisering verseker. Dawie du Toit die 4de lid van die span was meer as gereed om die span aan te moedig en te ondersteun, hy was al vroeg langs die pot om seker te maak die bestandele word alles by gevoeg.
ShowMe Vaal het die eksklusiewe wen resep.
Benodighede
2 x Uie
1 x Eetlepel Knoffel
1 x Kwart koppie olie
3kg Skaap skenkels
Groente:
- Sampioene
- Wortels
- Aartappels
- Butternut
1 x 500ml room
1 x 500ml suur
1 x 1L Coca-Cola
Metode:
Berei die kole, sit pot op warm kole.
Kap uie en gooi in die pot, voeg knoffel by. Gooi olie in en voeg vleis by, braai vir ongeveer ‘n 30min tot bruin.
Voeg coca-cola by, maak dan die pot toe vir sowat ‘n uur.
Voeg dan groente by en kook vir ongeveer 20min.
Voeg dan room by en verwyder pot van kole af na 5min.
As jy ‘n foto sien waarvan jy hou en jy wil graag die oorspronklike daarvan hê, e-pos ons gerus op vaal@showme.co.za !!!
By Louwrencia Venter
Manie
Behalwe die room en die Coke, wat is die ander 500ml suur??? waarna verwys word?
louis
Dis eintlik suurroom!