Staatsfinansies in die knyp
Wat vanjaar se staatsbegroting betref, het die Minister van Finansies inderdaad tussen twee vure gesit. Enersyds word van hom verwag om die hulpbronne te vind om die begroting in ooreenstemming met die implementering van die Nasionale Ontwikkelingsplan te bring; andersyds het hy te make met die blywende gevolge van die fiskale foute van die afgelope vyf jaar. Daar word ook van hom verwag om die staatsfinansies met langtermyn strategiese doelwitte in gedagte te posisioneer, terwyl hy te kampe het met ‘n dreigende korttermynomgewing wat ‘n onmiddellike reaksie vereis.
Hoe het die Minister gevaar met die oplossing van al hierdie uitdagings?
Comments