WAAR’S DIT LEKKER?!!..BY GOEDEHOOP IS DIT LEKKER!
MY MENS…HIER KOOK HULLE ONDER ENIGE SUPER CHEF UIT…..
Op Vrydag, 8 Junie het die Interskole Onderwysersgholf plaasgevind. Al die onderwysers van Gert Sibande het aan hierdie gholfkompetisie deelgeneem. Juffrou Irene Lousberg was die vroue-wenner asook die Nett-wenner vir die dag. Mnr Danie Breed en juffrou Irene se punte saam het Goedehoop algeheel in die 1ste plek geplaas.
Foto: Onderwysers-gholf
Me. Irene Lousberg, Mnr. Danie Breed
Netbal MSN B-Kampioenskappe
Op Saterdag, 2 Junie 2018 het die MSN (Mpumalanga Schools Netball) B-Kampioenskappe te L/S Witrivier plaasgevind – dit is maar eindlik die Mpumalanga-finaal. Goedehoop se o/13B-span het 2de gekom by die o/13’s.
Foto: Mpumalanga Netbal o13B
Voor: Shani Greyling, Zanthé Smith, Liane Parkes, Caylin van Tonder
Agter: Me. Chantel Meintjes (Afrigter), Delené Botteril, Chanté Stoop, Enya Munnik, Jeahné de Beer, Borg Spar
Saterdag, 26 Mei 2018 het die Gert Sibande A-Kampioenskappe te H/S Standerton plaasgevind. Goedehoop het weereens hul staal gewys en het die o/11A- en o/13A-spanne as Gert Sibandewenners uit die stryd getree! Goedehoop se o/12A-span was 2de.
Foto: Netbal Gert Sibande o11A
Voor: Juandri Fourie, Elri Kruger, Clarise van Zyl
Middel: Sue-Jani Nortjé
Agter: Me. Mareleen Erasmus (Afrigter), Miceala Berman, Stefanie Rousseau, Rochelle Schambriël (Afrigtera), Jamie-Lee van Rooyen, Tharina Viljoen
Foto: Netbal Gert Sibande o12A
Voor: Carla Botha, Lea Goosen
Middel: Tuané vd Walt, Amelia Brummer
Agter: Me Lezaan van Rooyen (Afrigter), Elri Jacobs, Simone vd Berg, Kayla Hurter
Foto: Netbal Gert Sibande o13A
Voor: Johnke Prinsloo, Marjohandi Wilken, Ané Botha
Agter: Carla Stoltz, Lana Hyman, Me. Lizanne Breed (Afrigter), Dané Binneman, Chené de Bruin
Netbal B-Kampioenskappe
Die B-Kampioenskappe was veronderstel om Saterdag, 19 Mei 2018 te Ermelo plaas te vind en as gevolg van die koue en reën het dit op Dinsdag, 22 Mei 2018 plaasgevind. Die o/11B- en o/13B is Gert Sibandewenners en die o/12B-span het 2de geëindig.
Foto: Netbal Gert Sibande o11B
Voor: Alexis Brits, Priscilla Pretorius, Juandri Fourie, Charlinke Jacobs
Agter: Danika Burger, Me. Janetta Meyer (Afrigter), Me. Inge Adam (Afrigter), Abigaile Kroucamp, Annélie Steyn, Mia du Toit
Foto: Netbal Gert Sibande o12B
Voor: Elzaan Nienaber, Nicola de Beer, Simone vd Berg, Jenny van Blerk
Agter: Tanicia Wolhuter, Simoné Schoeman, Carla Botha, Leandri Engelbrecht
Foto: Netbal Gert Sibande o13B
Voor: Liané Parkes
Agter: Enya Munnik, Caylin van Tonder, Zanthé Smith, Jeahné de Beer, Me. Chantel Meintjes (Afrigter), Chanté Stoop, Shani Greyling, Delené Botterill
ATKV Redenaars
Die volgende leerlinge dring deur na die ATKV Redenaars se semifinale rondte wat plaasvind op 8 Junie 2018 te Middelburg.
Foto: ATKV Provinsiaal
Voor: Carla Stoltz, An-Euné van Niekerk, Kayla Hurter
Agter: Amy-Leigh van der Merwe, Juandri Fourie, Me. Janette Coetzee, Carla Hurter, Minke Coetzer
Landloop
Op Vrydag, 18 Mei 2018 het Goedehoop se landloop-atlete ‘n aflos byeenkoms by H/S Menlopark bygewoon. Goedehoop se o/11- en o/13-dogters het as wenners uit die stryd getree. Die o/11-seuns was 2de en o/13-seuns eindig 9de.
Foto: Landloop Aflos Menlo
Voor: Hancke van Heerden, Elri Kruger, Mia du Toit, Christiaan Naudé, Luan Greyling
Agter: Liam Olivier, Roxy-Lee Fick, Ané Botha, Tiffany Phillipson, Liané Parkes, Johnke Prinsloo, Tharina Viljoen
Netbal Mpumalangaspan
Die volgende dogters is gekies om vir die Netbal Mpumalangaspan te speel in hul onderskeie ouderdomme.
Foto: Netbal Mpumalangaspan
Elri Jacobs (o/12), Lana Hyman (o/13), Dané Binneman (o/13)
Skaak Super 12
Die Super 12 Skaak het op 5 Mei 2018 te Tukkies plaasgevind. Die Juniorspan behaal ‘n 16de plek en die Seniorspan ‘n 15de plek, dit gee ons ‘n algehele 17de plek uit 22 skole. Juané van Zyl het besonders goed gevaar en was die bordwenner van Bord 1 – sy wen al 5 haar rondtes.
Foto: Skaak Super 12
Voor: Lohan de Graaff, Zian Opperman, Lian Storm
Middel: Ivan Koekemoer, Melani Slabbert, Angelica de Lange, Kylie van Dyk, Hugo Fourie
Agter: Janrich de Necker, Juandré Beukes, Eljay van Heerden, Franco Bester, Juané van Zyl, Hanru Lategan, Logan Potgieter, Iman de Necker, Licoln Vorster
Afwesig: Zené van Heerden, Avon Smith
Redenaars – Podium Pret
Die volgende redenaars het op 25 Mei 2018 aan die 2de rondte van Podium Pret deelgeneem. Hulle dring deur na Podium Pret se Nasionale rondte wat plaasvind die naweek van 14 – 16 September 2018 te Paarl, Wes-Kaap. Daar was verskeie afdelings, ek sit die afdeling agter elke kind se naam.
Foto: Redenaars Podium Pret
Voor: Minke Coetzer (Redenaars Onervare), Johanco Horn (Redenaars Onervare), An-Euné van Niekerk (Redenaars Ervare, Voorbereide Lees), Monique van Niekerk (Voorbereide Lees), Amy-Leigh van der Merwe (Redenaars Onervare)
Middel: Suzaan Thomas (Redenaars Ervare, Onvoorbereide Lees), Cayla Rossouw (Redenaars Ervare, Voorbereide Lees), Juandri Fourie (Redenaars Ervare, Voorbereide Lees), Wernich Rossouw (Redenaars Ervare), Xander Herbst (Redenaars Onervare), Tharina Viljoen (Redenaars Onervare), Jonke Prinsloo (Redenaars Ervare, Voorbereide Lees), Chris van Schalkwyk (Redenaars Onervare)
Agter: Calene Grobler (Voorbereide Lees), Megan van Schalkwyk (Redenaars Onervare), Lana Hyman (Redenaars Ervare), Zaine Horn (Redenaars Onervare), Carla Stolz (Voorbereide Lees), Jayden Joubert (Redenaars Onervare), Nika Thomas (Onvoorbereide Lees), Karli van Schalkwyk (Redenaars Ervare)
Afwesig: Zené van Heerden
Bybelvasvra
Die Bybelvasvraspan het Vrydag, 4 Mei 2018 aan die Hoëveldgroepkompetisie te Bethal deelgeneem. Hulle moes ± 400 verse uit hul koppe ken! Hulle behaal ‘n pragtige 3de plek (brons).
Foto: Bybelvasvra Hoëveldgroep
Lizandrie Mans, Chené de Bruin, Kayla Hurter, Carla Stoltz
Tennis – Wernich Rossouw
Wernich verteenwoordig Mpumalanga o/13-tennisspan as Kaptein en Nr. 1 seunsspeler by die jaarlikse SA Inter-Provinsiale Tenniskampioenskappe gedurende 27 – 30 April in Bloemfontein. Hy wen 3 van sy 6 wedstryde teen die Nr. 1 spelers van ander provinsies, wat almal o/13-spelers is, waaronder Gauteng Noord en Gauteng Oos.
Die top 92 o12-seunstennisspelers het gedurende die Aprilvakansie in Bloemfontein oor 6 dae deelgeneem aan die Nasionale Junior Tenniskampioenskappe. Na kwalifiseringsrondtes het die top 64 spelers gekwalifiseer om aan die kampioenskappe deel te neem. Wernich eindig 13de, en wen 5 van sy 7 wedstryde. Hy is steeds Nr. 10 op die nasionale ranglys vir o/12-spelers.
Foto: Tennis Prov & Nas Wernich Rossouw