Valies na Transvaal finaal
Hoërskool Vaalrivier is baie trots op hul o-14 rugbyspan wat verlede jaar die Mpumalanga finaal net-net verloor het, maar hierdie jaar weer kwalifiseer om aan die spog Transvaal-finaal in Pretoria te gaan deelneem. Die skool (LSEN) bestaan slegs uit 134 leerlinge, waarvan 34 in hierdie ouderdomsgroep val, en neem teen skole met 800 of meer leerlinge deel. Hierdie span het ook gewys dat daar met hulle rekening op die veld gehou moet word toe hulle Hoërskool Jim van Tonder met 17 punte teenoor 12 klop en hul eweknie in Potchefstroom met 20 punte teenoor 5 afrandsel. Volgens hulle trotse afrigter, Mnr Nico Lombard, is hierdie Transvaal-finaal die wedstryd van die jaar en is hy vol vertroue dat sy span as wenners uit die stryd sal tree.
Comments