Twee broers loop 150km vir Ligdraer projek op Secunda
Die twee broers, Hendrik en Johan Keyser wat op 4 Maart vanaf die eendedammetjie begin stap het en daagliks 30km afgelê het as deel van bewusmaking vir die Ligdraer/Light Bearer-projek, het op 9 Maart die laaste ent gestap.
Hulle het by Redemptive Coffee klaargemaak waar die twee organiseerders van die projek, Liné de Vries en Karin Strydom en Hendrik se vrou, Sarie, hulle ingewag het. Die twee broers het 150km verlede week afgelê en al 515km sedert die projek begin het in 2022.
Belangstellendes het in die oggende die eerste ent saam met die twee broers gestap en die leerlingraad van Highveld Park High School het ook ’n ent saam gestap en self geld ingesamel en aan die twee broers oorhandig.
Die doel van dié projek is om geld in te samel vir kinders met gebrekke en gesondheidsprobleme.
Dit is die derde agtereenvolgende jaar wat die projek aangebied word.
De Vries het gesê hoewel die stapgedeelte nou afgehandel is, gaan hulle steeds bewusmaking doen en nog ondernemings besoek om geld in te samel.
Die twee begunstigdes van vanjaar se opbrengs is die Kristopher Ryan Sentrum en die House of Hope op eMbalenhle.
Read the full article on: Ridge Times