Skote klap op nuwe baan
STANDERTON – Altesaam 17 skuts het Saterdag, 21 Februarie, op die nuwe skietbaan van Standerton Skietklub by Redwing bymekaar gekom vir die Februarie klub skiet.
Die taktiese bane is al vroegdag uitgelê en gebou en skuts moes op vier verskillende bane skiet wat akkuraatheid, spoed en die skut se konsentrasie vernuf toets. Nico van der Linde het die oop-afdeling met 350 punte gewen. In die produksie-klas het Flippie Grobler met 350 punte gewen, Johan Geldenhuys is tweede met 161,83 punte en Ricardo Botha eindig derde met 125,30 punte. Kevin Worth (108,99) en Heinrich Beukes (107,04) eindig onderskeidelik vierde en vyfde.
In die standaard-afdeling wen Martin Botha met 329,6586 punte. Hy word gevolg deur Roelie Rekker (tweede met 290,8108), Jacques Scholtz (derde met 272,2740), Henro Pretorius (vierde met 209,8218) en Jannie Degenaar (vyfde met 172,8599). Die sesde tot elfde plekke in die afdeling word opgemaak deur Johan Buitendag (149,2459), Callie van der Linde (147,3781), Riaan Botha (124,5369), Thinus Bosse snr (104,6661) Thinus Bosse jnr (61,5753) en Sunelle Grobler (58,7627).
JD






