SECUNDA LAERSKOLE IS TOPS!
LAERSKOOL KRUINPARK
Baie geluk aan ons 30 leerders wat gekies is om op die Landsdiens Streekskamp te gaan. Julle maak ons baie trots.
Aanda Retief, Anel van Zyl, Bibi Swart, Caitlyn Visser, Charlize Ehlers, Chrisné Boshoff, Christiaan Geel, Danu Kies, Dean Hall, Dominic Grobler, Heindrick du Plessis, Henry Steyn, James Nel, Jason Baay, Krynauw Meyer, Leandi Steyn, Leane Jacobs, Lourens Jacobs, Mirinda Luies, Monique de Lange, Nico Nel, René du Toit, Riaan Nagel, Simoné Barnard, Stefan van der Spuy, Theuns Kruger, Tiaan Engelbrecht, Wynand Dreyer, Zané Potgieter, Zeldri Cloete.
Ons 1ste spanne het hul pette en strikdassies ontvang.
Dis onderskeidelik die 1ste rugbyspan en die 1ste Netbalspan.
LAERSKOOL GOEDEHOOP
Skaak
Op Saterdag, 7 Mei 2016 het ons Junior- en Seniorskaakspanne deelgeneem aan die Super 12 Interprovinsiale Kompetisie in Pretoria. Goedehoop eindig algeheel 12de uit 23 skole. Die Juniorspan behaal ‘n 14de plek en die Seniors ‘n 12de plek.
Foto: Super 12 Skaak Juniors
Voor: Jeandré Beukes, Joshua van der Walt, Melani Slabbert, Ryan Lottering, Hanru Lategan
Agter: Pierre-Devaughn Myburgh, Tharina Viljoen, Franco Bester, Amoré Rothner
Afwesig: Zené van Heerden, Zandre Pretorius
Foto: Super 12 Skaak Seniors
Voor: Louis Enslin, Quenton Beukes, Juané van Zyl, Caitlin Viljoen
Agter: Diaan van Vuuren, Kelvin Kriel, Armand van den Berg, Carel Alberts, Elgin Botterill, Gideon Thomas, Marius Strydom
Netbal
Op Saterdag, 7 Mei 2016 neem Goedehoop se o/10-netbaldogters aan die o/10-Toernooi te L/S JJ van der Merwe deel. Die dogters meet kragte teen L/S Ermelo (wen 17-5), CR Swart (verloor 6-7) en Pionier (wen 13-11) en dring deur na die semi-finaal waar hulle te staan kom teen L/S JJ van der Merwe. Hulle wen JJ 11-8 en kom in die finaal weer te staan teen CR Swart. Hulle tree uit die stryd as toernooi-wenners met ‘n telling van 13 – 7.
Foto: Netbal o10 Toernooiwenners
Voor: Lea Goosen, Simoné vd Berg, Danielle Kleynhans, Kayla Hurter, Elri Jacobs
Agter: Me Lezaan van Rooyen (afrigter), Nika Thomas, Tanicia Wolhuter, Amelia Brummer
Netbal MUSSA
Jean-Marie van Zyl is ook opgeneem in die o/13-netbal MUSSA-span.