LS Kruinpark ryg die louere in!
Jason Baay en Tiaan Engelbrecht gaan van die 2-6 Julie aan die Hockey Farm Festival by die Hockey Farm in Witbank deelneem.
Dit dien as uitspele vir SA’s. Ons is BAIE trots op die 2 leerlinge van ons.
Op 16 Junie het Kaleigh Els haar Mpumalanga kleure ontvang vir Freestyle, Modern en Akrobatiese danse.
Sy het 4 balkies en 4 sertifikate ontvang. Jy maak ons Kruinparkers baie trots. Baie geluk Kaleigh.
Katelyn en Amelia Shaw, ons pragtige tweeling het deelgeneem aan die WAG Gimnastiek Kompetisie L2 Artisties. Hulle is onderskeidelik algeheel 1ste en 2de in hulle ouderdomsgroepe. Baie geluk julle 2. Ons is BAIE trots op julle.
Uitstekend Chrisné! Ons is BAIE trots op jou! Chrisné het aan die Suid Afrikaanse Akrobatiese Nasionale Kampioenskappe deelgeneem en SA’s gekry. Ons harte klop “chocolates”!