Laerskool Standerton rugby seëvier
Laerskool Standerton se eerste rugbyspan het Dinsdag, 23 Junie, op Hoërskool Hoogenhout in Bethal se velde in die finaal teen Laerskool Malelane gespeel en die wedstryd gewen. Hulle het vroeër vanjaar derde in die jaarlikse Super 8-reeks geëindig. Agter, van links na regs, is Frik Weistra, Christo du Preez, Frans Schutte, Stefan Maree, Wihan Beyleveldt, Luhann van Heerden, Jan Harm Louw en Mnr Misha Martin (afrigter). In die middel is Magiel Pretorius, Phillip Cronjé, Thokozane Tshabalala, Mauritz du Toit, Pieter Alberts, Luan Nolte, Cuan Karelse en Jason Steynberg. Voor is Danie Alberts, Harry Vorster, Ethan Wilson (kaptein), Rikus du Plessis, Hanru Nel en Jordan Burger.
Comments