En die kampioen is… Gert!
STANDERTON – Standerton Gholfklub het Saterdag, 14 Maart, hul geslote klubkampioenskap aangebied. Hierdie kampioenskap is oor 36 gaatjies beslis. Die baanopsigter, Leon van Niekerk , en gholfkaptein, Johann Janse van Rensburg, het baie moeite gedoen en die setperke was in ‘n baie goeie toestand. Die eerste groep van die 47 spelers wat mekaar die stryd aangesê het, het reeds om 07:34 afgeslaan. Vir die eerste keer in jare was daar ook vier vroue wat deelgeneem het.
In die A-afdeling eindig Gert du Preez eerste met sy bruto telling van 147 (139 netto), Jannie Nichols tweede met sy telling van 152 en Johann van Staden derde met 153. Die A-afdeling se netto is deur Chris Mahlangu (145) gewen gevolg deur Johann Janse van Rensburg (146). Die oggend bruto, ook in die afdeling, is deur Gerrit Coetzee (78) gewen en die namiddag bruto deur Brandon Geyser (75). Aldo Arnaldi het die voormiddag netto met 73 in die sakkie gesit en Steven Nortjé het die namiddag netto met 72 gewen.
In die B-afdeling het Andries Manka met sy bruto telling van 167 (145 netto) gewen, gevolg deur Nico Lombard met 169. Louis Gravett (152) en Jaco Sutherland (155) eindig onderskeidelik eerste en tweede met hul netto tellings. Vusi Gule wen die voormiddag bruto met 86 en Wikus Fourie die namiddag bruto met 88. Hannes Vermaak wen met sy netto telling van 75 die voormiddag kompetisie en Pierre Schnetler wen met 76 die namiddag netto kompetisie.
Die C-afdeling se bruto telling is deur Fanie Botha gewen en Donny Taljaard wen die netto afdeling met 184.
Patrizia Lombard wen nie net die A-afdeling vir vroue met 168 nie, maar eindig algeheel negende vir die dag. Sy word gevolg deur Bernadine Strydom (190). Die vroue B-afdeling is deur Alma Tonkin (209) gewen met Adelaide Odendaal in die tweede plek.
Gert du Preez word derhalwe aangewys as Standerton se 2015 gholfkampioen. Die Standerton gholfklub se bestuur bedank graag Monsanto, Kasselman Veiligheidsdienste, Gerrit Nel Ingelyf, Lourie Nel, Custodian Court, Oasis Water, Dr Swanepoel en Ferreira, BDW Agencies en Sasol Junxion vir hul ruim bydrae en skenkings.
Verskeie spelers het gedurende die dag spog twees behaal, maar ongelukkig was daar geen kolhoue aangeteken nie. JD