Elande wen atletiekbyeenkoms
VOLKSRUST – Volkies het Maandag, 19 Januarie hulle jaarlikse Interhuis Atletiekbyeenkoms gehou. Die baan was pragtig, die son het geskyn en die atlete het geskitter. Trofeë word aan die volgende leerlinge toegeken:
Beste veldatlete: Adelaide Filipe en André de Lange, beide vir gewigstoot
Beste baanatlete: Corli Taljaard en Braam Kramer, beide vir hekkies
Die Junior Victor en Victrix Ludorum is Braam Kramer en Marla Oosthuizen
Die Senior Victor en Victrix Ludorum is SW van Wyk en Corli Taljaard
Adelaide Filipe teken die beste prestasie van die dag aan met 830 ASA punte vir gewigstoot dogters o/17.
Die geesbeker word gedeel deur die Koedoes en die Elande, terwyl die Elande die atletiekbyeenkoms wen. Dankie vir elke ouer se ondersteuning, elke beampte se harde werk en elke seun en dogter wat net sy of haar beste gelewer het. JD