Sopkombuis op Standerton vier 100ste verjaarsdag
Die Klipkerk se ds. Wihahn de Beer het met Spirit Love Ministries saamgewerk.
Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) se sopkombuis het op Donderdag 18 November hul 100ste herdenking gevier.
Die Klipkerk se ds. Wihahn de Beer het met Spirit Love Ministries saamgewerk en benewens die maaltyd, is worsbroodjies en koeldrank, uitgedeel.
Spirit Love Ministries se uitreikaksie is weens reën die vorige aand gekanselleer.
Die vuur het op die rooster teen 11.30 begin opvlam, terwyl ds. Wihahn en me. Martha Ngwenya die broodjies in gereedheid begin bring het.
KVD-werknemers het ’n gratis worsbroodjie ontvang, en gemeenskapspatrollielede en AfriForum-lede is ook genooi.
Die N.G. Kerk het 198 worsrolletjies uitgedeel en KVD se getal houers het op 310 te staan gekom.
KVD het die Lionsklub bedank wat die houers geskenk het, sowel as almal wat ’n bydrae lewer.