Snuffelhond laat skape terugkeer
MORGENZON – Die op-en-wakker optrede van Mnr Fanie Rothman, ‘n reaksiemagbeampte by Kasselman Veiligheidsdienste in Morgenzon, het daartoe gelei dat vier skape wat op die plaas van mnr Hannes Lombard gesteel is, teruggevind kon word. Mnr Rothman sê egter dat hy dit nie sonder die hulp van sy privaat snuffelhond kon doen nie.
Die opregte bloedhond is ten volle opgelei en is mnr Rothman se trots.
Die waarde van die hammels word beraam op ongeveer R4 800. JD
Comments