Pieter Lewis as nuwe Oosies hoof aangestel
Hoërskool Oosterland het Pieter Lewis as hul nuwe hoof aangestel.
Hoërskool Oosterland Leerlinge het vandag terugekeer na ‘n lekker lang vakansie en kon instap met die wete dat ‘n nuwe hoof aangestel is.
Pieter Lewis is aangestel as die nuwe hoof van Hoërskool Oosterland.
Pieter Lewis is nie onbekend by die leerlinge nie aangesien hy al reeds lank by die skool betrokke was.
Die Bulletin het met Pieter gepraat oor sy planne met die skool en so bietjie oor waar hy vandaan kom.
Die Bulletin het aan Pieter gevra wat sy planne is vir die skool, hy het sonder huiwering gesê dat hy sy mense wil motifeer. Hy wil ook seker maak dat hulle as ‘n skool, gehalte onderwys aanbied.
Source: The Bulletin
Comments





