Stannies groet juffrou Marietjie

Me Marietjie Pretorius tree aan die einde van Junie uit die onderwys nádat sy vir 39 jaar aan Laerskool Standerton verbonde was.
STANDERTON – Laerskool Standerton het verlede week formeel vir me Marietjie Pretorius gegroet, aangesien sy aan die einde van Junie uit die onderwys gaan tree.
Sy was vir 39 jaar aan Laerskool Standerton verbonde en het ‘n menigte Stannies op haar bekwame en liefdevolle manier onderrig. Me Pretorius was ‘n ware staatmaker op baie gebiede en sy het aan die skool se besondere tradisies help bou.
“Ons wens Juffrou ‘n baie geseënde en gelukkige aftrede toe! Mag dit die begin van ‘n wonderlike nuwe hoofstuk in u lewe wees wat gevul is met nuwe opwinding en uitdagings,” het ‘n mediaverklaring van die skool gelui. DK
Comments





