Hartklopkarnaval lok honderde feesgangers
Die Hartklopkarnaval by die N.G. Kerk op Bronkhorstspruit het op Saterdag, 28 Mei, 16 uitstallers gehad wat al die smake en behoeftes van elkeen wat kom inloer het, kon bevredig.
Die basaar het honderde plaaslike inwoners gelok en gesorg vir heerlike samesyn.
Onder die atmosfeer van die teetuintent is baie stories vertel, geëet en aankope gedoen.
“Die karnaval was ’n reuse sukses, baie mense het kom koop, kuier en die volmaakte dag saam kom geniet,” het organiseerder ds. Tertius Erasmus vertel.
“Daar was baie mense wat in die agtergrond donasies gemaak het, wat ure ingesit het om items te maak en nog die dag ook kom hand bysit het. Dankie vir Spar en Beefcor wat vir ons ruim geborg het,” het ds. Erasmus afgesluit.
Comments