Elektrisiteit voorlopig aan
STANDERTON – Bekommerde inwoners van Standerton kan vir eers asem skep. Die kragtoevoer na Standerton gaan voorlopig nie op 5 Junie afgesit word nie. Dit volg nadat die Lekwa Munisipaliteit en Eskom ‘n ooreenkoms bereik het. Die munisipaliteit het ooreengekom om hul maandelikse lopende Eskom rekening te betaal plus ‘n ekstra bedrag om agterstallige skuld te vereffen, wat sowat R213 miljoen beloop.
Die DA het daarop aangedring dat alle betalings vir elektrisiteit geoormerk word om die Eskom rekening te betaal en nie vir ander dienste en kaperjolle deur die munisipaliteit nie. Raadslid Rosier de Ville het gesê dat die ooreenkoms nie beteken dat die probleem opgelos is nie. Daar bestaan steeds die moontlikheid dat die munisipaliteit wéér nie die ooreenkoms sal nakom nie.
Lekwa Munisipaliteit is redelik bekend vir leë beloftes, veral as dit by die betaling van Eskom kom. Die Munisipale bestuurder is verlede week deur die provinsie aangevat omdat hy versuim om amptenare kort te vat wat nie hul pligte nakom nie. Of die burgemeester se beloftes net deel is van die politieke gansmars, sal eers in die toekoms ervaar word. Sy het hand en mond belowe dat wanbetalers se elektrisiteitstoevoer afgesny gaan word. Die DA sê dat hulle dit sal opvolg. Edi