Deeghuys bak mooi broodjies in Secunda!
Die reuk van varsgebakte brood hang in die lug….Hmmmm…
Die nuwe winkel by die ingang van die Secunda Mall (naby die Wimpy) is ‘n miernes van bedrywigheid soos die vriendelike assitente, bestuurders en bakkers spring om die toue kopers te help.
Hierdie lang-verwagte nuwe toevoeging tot die dorp is bekend vir hulle bevrore deegprodukte soos pasteitjies, rolletjies, pizza’s, koeke, deeg ens. Hulle het ook varsgebak, pasteie, roomys en versierings.
Pieter (eienaar/bestuurder) en Marietjie (bestuurderes) is bederhand om toe te sien dat alles vlot verloop.
Baie geluk, welkom en alle mooiste wense!
Comments