Booswig loop sy rieme styf
STANDERTON – ‘n Naeltegnikus in Meyerville het verlede Donderdag ‘n nare ondervinding gehad. Sy is deur ‘n bouer op die perseel waar sy bly besteel terwyl sy geslaap het. Sy het deur die week agtergekom dat daar van haar besittings verdwyn het, maar kon nie agterkom hoe dit kon gebeur het nie. Sy is Woensdag deur die eienaar van die perseel laat weet dat een van haar woonstel se vensters oop staan en haar pa het dadelik diefwering voor die venster gaan aanbring.
Die verdagte is egter Donderdagoggend met ‘n skootrekenaar, ‘n PlayStation en R3 150 in sy besit betrap en Kasselman Veiligheidsdienste is ontbied en hulle het hom gearresteer. Die verdagte is een van ‘n bouspan wat aanbouings op die perseel doen en wat van Nelspruit afkomstig is.
Standerton polisie is ontbied en die verdagte is in hegtenis geneem en die saak word deur die polisie ondersoek. JD