AfriForum pluk vrugte (of eerder groente) van gemeenskapstuin op Bethal
Projek-koördinieerder is opgewonde om te sien wat toekoms inhou.
AfriForum se gemeenskapsgroentetuin werp vrugte, of eerder groente, af.
Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, het gesê dié tuin lewer die afgelope ses maande volhoubare voedselproduksie aan die gemeenskap.
“Gedurende die eerste paar dae van Mei is daar reeds meer as 150kg spinasie geoes en aan behoeftige organisasies in die Bethal-omgewing geskenk,” het Bekker gesê,
Dié seisoen het die tuin ook uie, tamaties, mielies en blaarslaai opgelewer terwyl vrywilligers ook groot hoeveelhede beet aangeplant het wat binnkort geoes kan word.
Marilé Nieuwoudt, koördineerder vir die groentetuin-projek op Bethal, het gesê dié projek help maandeliks verskeie gesinne om kos op die tafel te sit en hulle is opgewonde vir wat die toekoms vir dié projek inhou.