Gizelle Uys van Standerton bring skoonheidstitel huis toe
Sy het ’n BA-graad in Erfenis en Kultuur aan die Universiteit van Pretoria verwerf en is ’n geregistreerde toergids.

Gizelle Uys in 2019 to Miss Eco nog ‘n droom was.
Gizelle Uys van Standerton het op Sondag 4 April ‘n internasionale skoonheidstitel ingepalm.
Sy is in Egipte as Miss Eco aangewys.
Haar broer Donovan en ma Marcha het haar na Egipte vir die groot aand vergesel.
Die Standerton Advertiser het op Vrydag 9 April met haar pa, mnr. Andrew Uys, gepraat wat die gesin by die Oliver Tambo-lughawe sou gaan haal.
Die onderhoud met Gizelle kon nie plaasvind nie weens deelnemers wat steeds in isolasie in Egipte is nadat sommige blykbaar positief vir die koronavirus getoets het.
Gizelle het in ‘n onderhoud in Oktober 2019, toe sy in Hatfield, Pretoria as Suid-Afrika se verteenwoordiger aangewys is, reeds haar voorneme uitgestippel.
“My ambisie is om die internasionale kroon huis toe te bring,” het sy destyds gesê.
Gizelle is in 2015 op hoërskool as Mej. SHS aangewys.
Sy het ‘n BA-graad in Erfenis en Kultuur aan die Universiteit van Pretoria verwerf en is ‘n geregistreerde toergids.
Ma Marcha het haar vroeg reeds aan die loopplank bekendgestel en modelwerk was die natuurlike uitvloeisel.
Gizelle se droom is om ‘n danser en aktrise te word.