LAERSKOLE IN SECUNDA SKITTER!
2 van die plaaslike laerskole ryg prestasies in soos die rooi granaatpitjies aan ‘n halsnoer!! Baie baie geluk!
LAERSKOOL KRUINPARK
Jason Baay (regs) en Tiaan Engelbrecht (links) gaan van die 2-6 Julie aan die Hockey Farm Festival by die Hockey Farm in Witbank deelneem.
Dit dien as uitspele vir SA’s. Ons is BAIE trots op die 2 leerlinge van ons.
LAERSKOOL GOEDEHOOP
Ons is so geseënd hier by Goedehoop! Die prestasies stroom in en dit is net Mpumalanga-wenners, ons is super trots!
NETBAL
Op Saterdag, 4 Junie 2016 het die finaal van die B-Kampioenskappe te L/S Klipfontein, Witbank plaasgevind. Die o/11B-span wen al hul wedstryde in hul pool en tree uit die stryd as Mpumalanga-wenners!
Voor: Xantia Engelbrecht, Zanthé Smit, Shani Greyling, Liane Parkes
Agter: Tshiamo Biyela, Me Chantel Meintjies (afrigter), Caylin van Tonder, Imke Otto, Marjohandi Wilken, Carla Stoltz
ATKV REDENAARS
Juandri Fourie neem Vrydag, 3 Junie 2016 aan die semi-finaal te HTS Middelburg deel. Sy kom eerste in graad 1 tot 3 en staan dus 1ste in Mpumalanga! Sy neem op 11 Augustus 2016 aan die landswye finaal te Buffelspoort deel.
nich en Chizelle Rossouw verwerf beide Mpumalanga kleure in tennis. Wernich is gekies as die nommer 1 speler vir die Mpumalanga o/11-seunsspan wat in Augustus kragte meet teen die ander provinsies. Chizelle Rossouw is gekies as die nommer 1 speler vir die Mpumalanga o/13-dogterspan wat ook in Augustus kragte meet teen die ander provinsies.