MASTERCHEF – ONS KOMBUIS 2017
Die Masterchef kombuis het baie in gemeen met ons lewens. Die Meesterkok staan aan die stuur en ons kry sekere bestanddele wat teen tyd omvorm moet tot iets groots.
Elke kok kom met iets unieks tot die proses, maar moet ook sekere vaardighede bemeester en sekere inhoude ken om die wenner te wees. Dikwels kry die deelnemers ‘n meester om die pas aan te gee en die bemoediging van die beoordelaars is ‘n riem onder die hart. Baie bestanddele is alledaags en bekend (selfs vervelig!) maar hou die dis bymekaar. Ooooo ja, en dan is daar die gevreesde misterieboksies met selfs boomgom! Sommige deelnemers het nog nooit so iets teegekom nie en skrik hulle in ‘n spasma in…ander het al daarmee te doen gehad en haal die beste uit die vreemde bestanddele.
Ag ja, en dan is daar die tyd! Elke kyker sal weet hoe deelnemers sweet onder daardie groot horlosie. As die tyd verby is, moet hulle terugtree en die beoordeling volg.
En die flops….dis gerustellend om te dink die groot kokke kry hulle ook! Dan volg dien trane, meodeloosheid en die WEER PROBEER om die beste te maak met wat daar nou beskikbaar is.
Soms wen hulle immuuniteit om geelimineer te word of na die eindrondte deur te gaan. Dis ‘n groot bonus en vol lekkerte!
So gee Vader aan ons elkeen sekere unieke talente, persoonlikhede en geskiedenis wat ons in die kompetisie van die lewe inbring. Dan kry ons die bestanddele van roetine – die vervelige dinge wat dit moontlik maak om geestelik gesond te bly en ons ‘sanity’ te behou. Ons word ALMAL gekonfronteer met die gebeure wat ons liefs nie sou wou gehad het nie en bestanddele wat ons uitdaag en dwing om ons grense te skuif en nuut te dink. Genadiglik is daar meesters wat ons teekom om ons te lei en te rig om die bestanddele van smart, verlies, wanhoop en lyding nog steeds te omvorm tot iets waarop ons trots kan wees.
Soms is ons begenadig en wen vroeg in ons wedloop immuniteit en die genade om tot die eindstryd toe te tree met vroeee bekering en die ontdekking van ons lewensdoel. Maar vir meeste van ons is daar ook flops….sommer baie. Wie ken nie die trane van selfverwyt, teleurstelling, verlies en ingrypende verandering nie! Dis dan dat ons moet herevalueer om ‘n nuwe eindproduk te bedink en dit te voltooi.
Net so het ons elkeen ‘n tydsduur, maar in hierdie ou lewe weet ons nie wanner die groot horlosie vir ons tot stilstand kom nie – al wat ons weet is dat die tyd nie vir ewig aanhou nie en moet daarom wikkel om die doelwitte te bereik.
Die onbeskryflike genade vir ons in die Masterchef-kombuis is egter dat ELKEEN wat aanhou, die flops agterlaat en weer probeer, die Meesterkok se aanwysings volg ‘n wenner word!
Mag elke showmeleser hierdie jaar, 2017, sy plek in die Masterchef-kombuis waardeer, elke bestanddeel na waarde skat, die tyd uitkoop en opnuut op die Meester verlief raak!