KRUIK RESTOURANT LAAT MENS LIPPE LEK….
Die Kruik restourant is die ideale kuierplek na kerk as die magies grom! Hierdie sonnige en lugtige kuierplek lok mens nader met lig, vriendelikheid, spasie, kleur en natuurlik, EETGOED!
Die 2 vriendinne Anita Pieters en Wanda Scheepers ontmoet gereeld hier vir ‘n bederfie en hulle is van mening dat mens mekaar werklik ook hie kan hoor!
Die kelners by die restourant is vreindelik, kundig en behulpsaam en . moenie verbaas wees as jy in perfekte Afrikaans aangespreek word nie! Afgesien van ontbyte wat vanaf R30 genuttig kan word, is daar heerlike koffies en lekkernye en les bes, Sondae ‘n opskepete wat geweeg word uit ouma se kombuis.
Moenie een oomblik langer wag nie en kom stel die spyskaart op die proef om fie lente wat in die lug is, te vier!
Comments