Jeans het ’n plaasvervanger?
deur Amaria Carstens SARIE
Jeans is ’n staatmaker in enige klerekas. Of dit nou swart, vlootblou of ligblou is, jy kan altyd ’n uitrusting bou rondom jeans. Maar nou lyk dit of 2017 ’n nuwe gunsteling-broek gaan oplewer: leggings. En nie die vollengte spanbroek nie, maar die een wat net bo jou knie eindig.
’n Bietjie geskok? Toemaar, ons ook.
Die Paryse luukse modehuis Chanel het knielengte spanbroeke as deel van hul Cruise 2016/2017-reeks gehad. Maar moenie dink dit lyk soos jou oefenbroek nie, die sleutelwoord hier is “luuks”. Met van blinkers tot ’n brokaat-gevoel is dít hoe die spanbroek van 2017 lyk.
Maar hoe dra jy dit?
• Jou lyf moet ferm is wees – dalk jou motivering om te begin oefen.
• Die geheim is dat jy liefs ’n langer baadjie of top saam met dit moet dra, soos Kim reeds gewys het.
Sal jy jou jeans groet vir dié broek?