SECUNDA KWEKERY LAAT DIE HANDE JUK
Die lentelug stoot speel-speel aan nuwe botlinge en die ou aarde lyk sommer net mooier! As jou hande juk om oor te maak, mooi te maak, reg te maak, skoon te maak en nuut te maak mag jy NIE hierdie besoek misloop nie!
Die Secunda Kwekery spog met saailinge, gevestigde bosse, bome, grondbedekkers en elke ding onder die son wat kan groei!
Potte van elke grootte, kleur, vorm en ontwerp strek sover die oog kan sien. Waterfokuspunte knabbel vrolik tussen die gesang van verskillende soorte papagaaie en voels en binne- en buitenshuise versierings laat selfs die nie-groenes onder ons ril van lekkerte. Ai man, dis mos soos die lente voel!
Klippies vir beddings en paadjies word self hier gekap en saailinge self gekweek en dit maak hierdie kwekery se pryse nog iets om die lente te vier.
MOENIE wag nie – gaan besoek hierdie lushof en kry jou hanne in die grond!
Comments





