Boeremeisie se verstommende verhaal vertel.
’
n VERSTOMMENDE verhaal van ’n Vrystaatse Boeremeisie wat bykans ’n halfeeu nadat sy in die Anglo-Boereoorlog (ABO) ’n Britse offisier opgespoor het wat haar wreed verkrag het, word ná 110 jaar vir die eerste keer openbaar gemaak.
Die verhaal van Susan Nell, wat ná die verkragting op 17 jaar deur offisiere in die Winburg-konsentrasiekamp vir dood agtergelaat en deur ’n Basotho-egpaar gesond gedokter is, behoort lesers oor die wêreld te skok, aan te gryp én in trane te hê.
Nell is deur ’n Boereverraaier in die kamp letterlik vir die wolwe gegooi is en hoe sy deur die Samaritane gered is toe sy bloeiend van die wa geval het wat haar na ’n ongemerkte graf moes neem.
Nell, ’n weesmeisie wie se bywoner-pa in die eerste veldslag in die oorlog doodgeskiet en wie se ma én boetie in die Winburg-kamp dood is, het later per trein na Kaapstad gevlug.
Al wat hy weet, is dat sy van Ermelo was. Hulle was egter met die uitbreek van die oorlog bywoners op ’n plaas by Heilbron.
Susan het die van van Alice Draper, ’n meisie wat Nuwejaarsaand 1902 dodelik siek in tent 19 was, aangeneem. Sy het uit die tent geglip om medisyne vir Alice te soek toe die verraaier C.P. Schutte, ’n joiner-wag van Heilbron, haar gevang het.
Susan sou Alice nooit weer sien nie. Anders as Alice sou sy dié verskriklike nag oorleef, hoewel sy vir ewig geskend sou wees. Haar stembande was aangetas en sy het altyd ’n beret gedra om die diep wond aan haar kop te verberg waar die offisier haar met ’n whiskybottel geslaan het.
Susan is in Kaapstad deur mev. Marie Koopmans-de Wet versorg en na Leiden in Holland gestuur om te gaan studeer.
Sy het ’n sielkundige geword en ná die Tweede Wêreldoorlog was sy ’n vrywilliger wat gaan help het om na die duisende aangehoudendes in die Japanse moordkampe in Birma en Thailand om te sien. Die meeste van die oorlewendes was Hollanders, Australiërs, Britte en Amerikaners.
Susan Nell het hoofsaaklik omgesien na die lot van die comfort women wat as gedwonge seksslawe hul Japanse en Koreaanse meesters moes bedien in die militêre bordele wat in elke kamp was.
Dit was met een van die reisende tribunale waar die vroulike slagoffers hul saak teen die Japanse en Koreaanse offisiere kon stel, dat sy die voorsittende beampte, ’n Britse offisier, herken het.
Op Maandag 20 Mei 1946 het sy ná 44 jaar een van haar verkragters in die oë gekyk.
Dit is hier in Bangkok, Thailand, dat die storie van Susan Nell meer as ’n eeu ná die gruwelike verkragting die eerste keer bekend geword het.
Moolman, ’n skrywer van Vanderbijlpark wat Thailand gereeld besoek het, en ’n vriend het in die voorportaal in Afrikaans gesels toe ’n vrou by hulle verbyloop. Sy het omgedraai en aan hulle gevra of hulle van Suid–Afrika is. In die volgende drie dae, terwyl hy haar toergids was, het sy die storie van Susan Nell vertel. Moolman vermoed dié vrou, ’n streng Boeddhis wat nie genoem wil word nie, is ’n Thaise weeskind wat Nell onder haar vlerk geneem het. Sy kon Nederlands praat toe Nell haar in ’n tempel gekry het.
Susan Nell het Suid–Afrika die eerste keer weer in 1954 besoek.
Sy is weer na die terrein van die Winburg-konsentrasiekamp waar sy die grafte van Alice Draper, haar ma en boetie gekry het. Moolman vermoed dat sy die grafsteen vir haar vriendin, Alice, opgerig het. Op die graf staan die woorde: Lost awhile our treasured love. Gained for ever safe above.
Sy het ook weer die eerste keer kontak gehad met Hester Marais (née Luwes) van die plaas Eendracht, Petrus Steyn, distrik Lindley.
Hulle twee het Alice dié noodlottige Nuwejaarsaand in die Winburg-konsentrasiekamp versorg.
Hester Luwes was Moolman se vrou, Naomie, se ouma. Min het hulle besef toe hulle die storie van Susan Nell hoor, dat haar (Naomie se) ouma self in die tent was toe Susan deur die joiner weggesleep is en deur die Britte verkrag is.
Net een foto bestaan waar vier meisies in dieselfde Sondagskoolklas in die Winburg-kamp vir die kamera kyk. Een is Hester. Twee van die ander drie moet Susan en Alice wees.
“Ek besef ’n storie oor só ’n oorlog sal net vir die duur van daardie lewe iets beteken – behalwe as iemand soos ek toevallig in ’n hotel in Bangkok dit hoor,” het Moolman aan Volksblad gesê.
“Ek besef dié storie is ’n bewys good is better than bad. Die goeie sal altyd oorwin. Die Britse koningshuis het die Boere nog nooit om verskoning gevra vir wat hulle aan die Boerevroue gedoen het nie.”
“Die wêreld moet weet wat doen oorlog aan ’n vrou.”
The Boer Whore noem hy “historiese fiksie gebaseer op die waarheid”. Hy het die dele van haar lewensverhaal wat nie bekend is nie, ingekleur.
Susan Nell, wat die hele wêreld deurkruis het, het dagboeke en dokumente nagelaat, maar dit is vermoedelik by ’n priester in Mexiko gelaat.
“Almal ken die generaals, die De Wets en die De la Reys. Ek wil nou hiermee hulde bring aan die mense wat vergete is.
“Dis tyd dat die wêreld weet van die gesigloses. Ook in Thailand lê mense in ongemerkte grafte.”
Susan Nell se as is ná haar dood in 1954, kort ná haar besoek aan Suid-Afrika, in die Winburg-begraafplaas gestrooi waar Alice Draper en haar ma en boetie begrawe lê – en waar die Britte ’n ongemerkte graf langs Alice s’n vir haar laat grawe het.
Moolman het die amptelike grafnommers 491 en 492 in die register opgespoor. Albei was Alice Draper s’n. Een was vir Draper Ellis Alovina (17) van Allendale, Ladybrand, en die tweede vir Alice, Alvinic Rosie Draper wat op 6 Januarie 1902 dood is.
“Hoekom het hulle ’n graf langsaan gemaak? Omdat dié graf vir Susan Nell bestem was!”
Die Britte wou die verkragting en haar moord vir ewig verdoesel.
Niemand sou mos ooit weer na die weesmeisie soek wat hulle as “Boere-****” afgemaak het nie.
Nóg een feit oor Susan Nell se lewe is bekend. Sy het vermoedelik albei haar aanvallers opgespoor. Kort nadat sy haar verkragter in die tribunaal in Thailand gekonfronteer het, het hy voor haar selfmoord gepleeg.
Sy laaste woorde aan haar voordat hy homself geskiet het, was: “I am sorry, Miss Nell.”) The Boer Whore word Saterdag 4 Junie op Winburg bekend gestel.
Die boek sal van Maandag by die Oorlogmuseum in Bloemfontein gekoop kan word.) Moolman het ’n spesiale lied vir Susan Nell geskryf. Die lied is getitel She made it go away (Susan’s Rhapsody). Andy Galloway van Bloemfontein het dit getoonset.) Mev. Naomie Moolman, wat die reuse-kwilt met foto’s en aandenkings uit die ABO vir die Oorlogmuseum in Bloemfontein gemaak het, het ’n spesiale kleiner kwilt vir die Winburg-geleentheid gemaak. Op dié kwilt is foto’s wat uit dié dorp se geskiedenis dateer.
VIER vriendinne in ’n wrede kamp. Hierdie vier vriendinne was vermoedelik saam in tent 19 in die Winburg-konsentrasiekamp op Nuwejaarsaand 1902. Een van hulle is Hester Luwes, een Susan Nell en een Alice Draper. Susan wou vir die baie siek Alice gaan medisyne soek toe die hanskakie CP Schutte van Heilbron haar aan dronk Britse offisiere oorhandig het, wat haar wreed verkrag het. Alice is paar dae later dood. Susan was bestem om in ’n ongemerkte graf langs haar begrawe te word, maar sy het wonderbaarlik oorleef. Hester en Susan het mekaar weer ’n halfeeu ná daardie verskriklike nag ontmoet. Dié foto is deel van Hester Luwes (later Marais) se versameling. Dit is nie bekend wie die vierde meisie was nie. Hulle was almal 17 en saam in die katkisasieklas.
DIE graf van Alice Draper. Susan Nell het Nuwejaarsaand 1902 hul tent in die Winburg-konsentrasiekamp verlaat om vir haar medisyne te gaan soek. Susan Nell is deur die hanskakie CP Schutte van Heilbron gevang en aan dronk Britse offisiere oorhandig, wat haar wreed verkrag en vir dood agtergelaat het. Alice is paar dae later dood. Die Britte het vermoedelik vir Alice twee grafte gegrawe – een om Susan in te begrawe. Sy het egter oorleef.
DIE katkisasieklas in die Winburg-konsentrasiekamp. Hester Luwes is derde van regs in die heel voorste ry. Susan Nell moet op die foto wees, maar niemand is seker watter een nie. Sy was ’n weeskind. Die foto is deel van Hester Luwes (later Marais) se versameling.
IN DIE WINBURG-KONSENTRASIEKAMP. Mnr. Wybrand Herbuschuizen Luwes (79) van Ficksburg is in hier met sy gesin voor sy tent in die kamp afgeneem. Hy is in die kamp dood. Sy dogter, Hester Luwes, was ’n vriendin van Susanna Nell. Hulle het saam Alice Draper versorg toe Susan deur ’n hanskakie, CP Schutte van Heilbron, weggesleep is en aan dronk Britse offisiere oorhandig het wat haar wreed verkrag het.
It is a story that remains highly relevant internationally to this day while women remain among the most vulnerable victims of the globe’s many war zones. But, it is an especially important South African story that highlights elements from the country’s violent past in which human empathy transcends deep divides and a mostly neglected common history.
In this gripping historical novel Nico Moolman uses fiction to knit together well documented historical facts to tell the story of a 17-year old girl, betrayed by members of her own tribe in the Winburg concentration camp when she attempts to find medication for a desperately ill friend. She is handed over to her captors who rape and abuse her, then call her a Boer whore and leave her for dead.
She is rescued by a Basotho man who with his wife hid and nursed her back to physical health under great danger to themselves. Eventually they smuggle her to Bloemfontein from where she escapes by train and with the help of others reaches Cape Town.
There she has the good fortune to come under the guardianship of the well-known Marie Koopmans-de Wet, who in a remarkable turn of events sends her to Holland to study. She became a psychiatrist, who develops expertise in treating the victims of World War I and showing them how to deal with their trauma.
While involved in this work a chance encounter with one of her own abusers of many years ago leads to his suicide.
Her expertise then takes her as a volunteer to Thailand to assist with the rehabilitation of the victims at the end of World War II. As an expert witness during military hearings into the atrocities of the Japanese forces she becomes the champion of the women forced to work as comfort givers to Japanese soldiers.
It also gives her another remarkable opportunity to take revenge on the main instigator of her own abuse at the hands of British soldiers in Balla Bosiu – where they cry at night.
It is in Thailand during his travels there during the late 1980s and the 1990s that Moolman met miss Lucille of Ubon “who mentioned Susan’s toll at the River Kwae hearings … “She started it all.”
The story ends in the 1950s when Susan Nell, as a woman of 70 returns to South Africa and Winburg for the first time, meets up with her Basotho saviours again and more than half a century later can practically thank them for giving her back her life so many years earlier.
The authenticity of the book is greatly enhanced by a treasure trove of cleverly used old photographs strategically placed within the text throughout.
The Boer Whore is not only worth a read, but a must for those who want to get a full perspective of South African history of the early 20th century.
How to get hold of it
The Boer Whore is published by the author himself and can be ordered from him by clicking on his mail link at http://www.nicomoolman.net/. The cost in South Africa is R169 inclusive of postage and internationally R149 excluding postage.








