Kruinpark en Goedehoop is tops!
Een van die vele goeie dinge van Secunda is dat die skole uitnemend is – baie baie geluk aan die leerlinge van die laerskole Goedehoop en Kruinpark wat so uitstekend en so aanhoudend presteer!
KRUINPARK
Baie geluk aan ons landsdieners wat gekies is vir Nasionale kamp. Ons skool het 14 wat deur Nasionaal toe is.
Voor links na regs: Leandi Steyn, Nico Nel en Wynand Dreyer
Middel: Zeldri Cloete; Mirinda Luies; Leané Jacobs; Dominiq Grobler; Chrisné Boshofff; Monique de Lange
Agter : Anél van Zyl; Theuns Kruger; Krynauw Meyer; Riaan Nagel en Jason Baay. Dan `n besonderse geluk aan Leandi Steyn en Wynand Dreyer wat as onderleiers vir Nasionaal gekies is. Kruinpark KOOK!!!
GOEDEHOOP
Tydens die Landsdiens Streekskamp, wat gedurende die vakansie te Warthogg Inn in Brits plaasgevind het, is Cara Strydom, Gideon Thomas en Ruan van der Merwe (reserwe) gekies vir die nasionalespan. Ons verower ook die wisseltrofee vir die meeste lansdieners in grootskole!
Voor: Cara Strydom
Agter: Gideon Thomas, Ruan van der Merwe (reserwe)