HINTERLAND VERRYS UIT DIE STOF IN KINROSS!!
‘n Broodnodige, effektiewe en vinnige diens herlewe op Secunda se voorstoep in die vorm van die ou OTK wat nou Hinterland heet.
WERNER VENTER
‘n Besoek aan Hinterland wys die netjiese store vol voorraad en die vriendelike glimlagte van almal wat daar werk dui op die verandering wat nuwe bestuurder Werner Venter gebring het.
Werner het 17 jaar ondervinding in die handelsomgewing en bemarking en is kwaai opgewonde oor die nuwe uitdaging. Hierdie jong man weet duidelik waar Dawid die wortels gegrawe het en sy innemende geaardheid en opregte belangstelling in die boere en hulle produkte laat mens besef hy kook!
Werner nooi dan ook huisvrou, boervrou, boere, manne, professionele mense en entrepreneurs om DV
Saterdag 10 Februarie
9:00 – 13:00
‘n ope dag met stalletjies, musiek, speletjies en wat nog als te kom geniet en besigtig. Nuwe entrepreneursprodukte van vernuftige boervrouens en sakelui word uitgestal terwyl eet- en drinkgoed te koop is.
Toegang is gratis en kom koop van ‘n rol doringdraad tot ‘n kiepiesaad!
Baie baie sukses word aan hom en sy span toegewens!
KYK OOK GERUS NA DIE GALLERY FOTO’S