Môresterkinderhuis is dankbaar
A letter from Môresterkinderhuis:
“Moresterkinderhuis is dankbaar vir al julle mense wat by ons betrokke is. Hierdie nie-winsgewende projek het op die oomblik 52 kinders in ons sorg.
Dankie aan die van julle mense wat altyd vir ons donasies gee dit word opreg waardeer,en julle help ons om die projek volhoubaar te hou, word waardeer. Met julle hulp kan ons na al die kinders om sien en ook vir hulle baie liefde gee. Ons is baie dankbaar om die vrymoedigheid te kan he om vir julle hulp te vra
Hierdie huishouding is baie groot en ons wil asb n beroep doen om vir julle te kan vra vir die volgende benodighede asseblief: n stofsuier, vir die babas (nan pelargon) formule melk doeke vanaf s,m,l,xl ons het op die oomblik 16 babas. Skoonmaak middles, seeppoeier, handy-andy jik, stasoft, bad seep ens enige bedegoed vir ons kinders se enkel beddens. As iemand n sit kamerstel het en van hom ontslae wil raak asb ons benodig n sitkamerstel vir ons huis no 1.
Ons het op die oomblik te veel kinders wat tv kyk moet daar die sitplekke is te min. Groceries: enige nie bederfbare kosse, mieliemeel, cornflakes, longlife melk enige iets wat ons op die kinders se skool broodjies kan sit.
Ons doen n beroep op julle mense. Ons kinders is besig om vir een van hulle maats n fondsinsameling te doen hulle maakmooi handgemaakte geskenkies wat hulle self maak om vir hom n fiets te kan koop.
Julle is welkom om dit by die kinderhuis te kom koop Speciaal vir Moedersdag wat nog voor. As u nie die donasie kan kom aflewer nie kan ons dit ook kom haal
Baie dankie
Enige donasie is welkom enige navrae Antonette 0828711327 of Helen 0824608418 of Eddie 0826346448″





