Môrester Kinderhuis vra hulp
Môrester Kinderhuis wil graag ‘n beroep doen op die wonderlike gemeenskap van Rustenburg om te help met die volgende. Ons het op die oomblik 56 kinders in ons sorg en hulle is kosbaar en ons weet dat daar mense is wat baie omgee vir ons kinders en dat ons julle hulp baie waardeer.
Ons kinders is vanaf pasgebore tot en met 17 jaar oud. Enige iets is altyd welkom.
Ons benodig asseblief doeke s/m/l/xl vir babas en formule melk(Nan, Pelargon, Infacare 1 en 2), badseep vir almal van babas tot groot kinders, Vaseline, Sjampoo, longlife melk, suiker, botter, swartsakke, mieliemeel, babapap(Nestum), purity, 2 minute noodles.
Groot asseblief ons benodig ook vleis, mince, wors, kookvleis, hoender, rys.
Enige klere is ook welkom.
Ons wil net vir tannie Corrie Snyman baie dankie sê vir ons kinders se truitjies, hulle lyk te pragtig met hulle.
Geen donasies is vir ons te groot of te klein nie, alles is altyd welkom en ons sal dit ook kom optel as u dit nie kan bring nie.
Vir enige navrae, skakel die volgende persone: Helen Lotz by 082 460 8418, Antonette Christian by 082 871 1327, Eddie Christian by 082 634 6448.
Met julle hulp is alles moontlik.
Groete
Môrester Kinderhuis