Kindersorg Vrywilligers Klub vra asseblief vir Paas-skenking
Die Kindersorg Vrywilligers Klub vra asseblief die ondersteuning van die publiek om die Paastyd spesiaal te maak vir die kinders tans in kindersorg.
Skenkings van paaseiers en donasies t.o.v ‘n kamp wat vir die kinders gereel word sal baie waardeer word.
Alle skenkings van kos, klere, toiletbenodigdhede, linne, skryfbehoeftes ens. altyd baie welkom. Elke bietjie maak ‘n verskil!
Die Kindersorg Vrywilligers Klub kan gevolg word op facebook. Daar is verskeie projekte waarby vrywilligers betrokke kan raak.
Skakel gerus vir Roxy van den Berg by 082 441 6170 of roxvdberg@gmail.com vir meer inligting.
Fisiese Adres: 1 Watervalrand Laan, Rustenburg
Bank Besonderhede: Rustenburg Kindersorg
ABSA Rekening Nommer: 1220167174
Takkode: 632005 Verwysing KVK
Besoek gerus die webtuiste vir Kindersorg SA – Rustenburg