Rustenburg Rusoord Somermark 2012
Die Rustenburg Rusoord het hul Somermark die eerste naweek in November gehou. Daar was ‘n verskeidenheid selfgemaakte produkte soos ingelegte groente, lappoppe, vatlappies en meer.
Die kinders kon heerlik op die springkasteel baljaar terwyl ma en pa rond kon snoep tussen die stalletjies deur.
Al die fondse gaan na die Rustenburg Rusoord om hulle finansieël by te staan.
Comments