Rustenburg Rusoord halfeeufees gaan groot!
Rustenburg Rusoord se halfeeuviering het uiteindelik op Rustenburgers se voorstoep geland die afgelope Saterdag by Laerskool Rustenburg.
Stalletjies van alle soorte was daar om deur te snuffel en van om iets te snoep.
Die gewilde Ronell Erasmus, Die Rustlers asook Addelei Jade, Gibbon, Divan Dee en ander sangers het feesgangers vermaak en voete laat stamp op hul musiek.
Die modeparade vir oud en jonk het ook die pragtigste aandrokke en pakke te sien gehad – perfek vir die matriekafskeid wat nou so om die draai is.
Daar was ook vertoning van trompoppies, lekker Buksie Rugby sowel as Ou-lompiese-Spele vir die bo 60.
Heinrich van Heinrich Venter Photography was daar om ‘n paar hoogtepunte vas te vang!
Comments