Rooideur 2013 – lekker fees in Afrikaans
Die afgelope naweek, 16 Augustus 2013, was ‘n hele klomp bekende Afrikaanse name in die musiekbedryf, op een verhoog te siene in Rustenburg. Die Rooideur-projek is ‘n konsep wat in 2010 ontstaan het nadat daarby Laerskool David Brink in Rustenburg ‘n voedingsprojek geloods is om die skool te uit te help.
Hierdie dag is deur onder ander die Tuin Dwergies, Bok van Blerk, Riana Nel, Blackie Swart, AJ van der Mescht, Liezel Pieters en soveel meer bygewoon om die gehoor behoorlik op hul voete te te kon hê.
Die hele dag was nie net pret en plesier nie, maar het ook die doel van Rooideur bereik; deur ‘n musiekkonsert te hou wat alle fondse aan die voedingsprojek kan skenk.
Rooideur het ook hande saam met die Rapportryers Beweging Boekenhoutkorps gevat en bevorder ook ons taal Afrikaans op nie net sosiale, maar ook sport- en kunsvelde.
Ons sien uit na volgende jaar waar die fees sommer groter gaan wees.